Wednesday, 1 October 2008

2 Maart 2008 - 2 dae...

Familie, vriende et al
Baie dankie vir julle ongelooflike ondersteuning die afgelope paar maande. Ons is uiteindelik in ander land – en dis glad nie so koud as waarvoor ek gepak het nie!

Het natuurlik die gewone drama by die lughawe gehad – eers met ‘n polisieman slaaks geraak (asof ek nie van beter weet nie?!?!?!) en toe vir ‘n uur in die vliegtuig gesit en wag want die bagasie firma het ‘n personeel tekort en kan nie byhou met al die werk nie! Vliegtuie ruik snaaks sonder lugreeling – glo my vry…

Hann-Roux het hom soos ‘n gesoute wereldreisiger gedra en ek’s baie trots op my seun – ‘n lugwaardin en mede passasier het met ontbyt met my kom praat oor hoe ek dit regkry dat hy so stil en gehoorsaam is, ek moes tot my skaamte erken dat dit meer sy persoonlikheid as sy ma se vermoe is – ek was twee keer voor ons in die lug was papnat gesweet en kon brul van frustrasie – hy speel hy’s vasco da gama en maak of hy als gewoond is. Cata, stuur seblief vir my die fotos aan – HR met sy 10kg handbagasie in die een hand en Carla in die ander hand oppad afskeid toe…

Hier gekom en gul ontvang deur Paul (Centurionse Saffer) en met sy Sharan soos ‘n koningin na my switserse paleis in wording gevoer. Ons nuwe meenthuis het mure en vensters maar nog nie oral teels, wasbakke en ligte nie; die gordyne kom uit die dak(?!?!?!?) daar’s ‘n tuin, so groot soos die woonstel in Sibelius en die gebou is iets tussen lemmetjie en goudgeel geverf (wie dink sulke kleure uit!??!?!?) maar dis in ‘n mooi dorp met ‘n altstadt en ‘n moderne skool binne loopafstand, groetewinkel oorkant die straat etc. ons trek op werkersdag in – nogal poeties ne – nou moet die skip net nie sink nie!

Die woonstel voel groter as toe ek in Januarie hier was, als is hier, maar dis ‘n versameling van style wat jy jou nie kan voorstel nie! Ek sal nog ‘n hele skrywe wei aand die lampskerms! Die kombuis is sonder ketel, bekers en mikrogolf en ek het dit natuurlik reeds reggekry om die skottelgoedmasjien se knip te breek – ter verwelkoming moet ek dus skottelgoed was, daar’s net breekgoed vir 1 ete… kry los matte weggesteek agter ‘n deur wat dit darem moontlik maak om op die houtvloere met blokke te speel sonder dat dit soos ‘n hoeveldse donderstorm klink!

Klere uitgepak, vir al die speelgoed plekgekry – HR is nie lus vir enigiets nie, hier’s nie stories nie en hy’s moeg – het hom gebad, Rene se lekker lasagna geeet en gebed – met die belofte dat ons die middag sal gaan treinry. Heerlik geslaap tot die tannie bo ons met haar polvye begin rondloop op die houtvloer – hulle is seker suidafrikaners!

Holderbank word elke uur deur 2 treine besoek. Kwart oor na Brugg (maw noord) en kwart voor na Aarau (maw suid). Ons het nie die tye dopgehou nie, wou na Baden maar op die ou end na Aarau. HR het dit geweldig geniet – praat net vreeslik baie en vreeslik hard! In Aarau na die winkels geloop en kyk – als is toe behalwe die stasiekiosk en starbucks. Cata – die skoene is uit ‘n ander wereld, maar so duur dat jy dit nie eens vir ma sal koop nie!!! Die koffie winkel het ‘n speelterrein waar ons natuurlik vashaak, HR geniet die rondomtalie pale – sal nog fotos stuur – en rol rond op die gruis – hy lyk grys en stowwerig toe ons terugstap. Dis moeilik om die plekke te verduidelik – die winkelgoed is baie anders en mooi (ek kry net nie reg om op te hou om als met 7 te maal nie!) – elke winkel het ‘n paas uitstalling – kompleet met hase, hoenders en eiers – ons kan nie vergeet ons is in ‘n roomse land. Ek kry dit darem reg om als te bestel en te vra sonder om heeltemal soos ‘n idioot te klink… klim heel kordaat op ‘n trein wat net so by Holderbank verbyry sonder om te stop! Ry to wederegtelik tot in Brugg en weer terug – sal mooier kyk in vervolg – mens kan hier vreeslik verdwaal!!!

Wat is anders? Die kussings is sulke pap sakke so groot soos 2 continentale kussings; die toiletpapier is so dik soos McD servette en 1 ½ keer so lank; die vrieskas is net groot genoeg vir 8 ysbakkies; daar’s geen engelse televisie (soos in niks!); daar’s voetpaaie, so moenie in die pad loop nie!; tuinornamente is steeds groot, veral eende (!); hier’s ook sulke ligte mocha kleur ouens met hare wat permanent nat lyk wat met brullende ou BMWs ‘cruise’.

Ek stuur dit vir vandag – sal hopelik nou en dan sulke hoofstukke kan skryf – moet vandag skottelgoed, wasgoed was en gaan uitvind hoe om die assakke uit te gooi (ons het sakke maar nie plakkers nie?!!?!?!?)

O ja – die weer – soos almal gevra het! In die woonstel loop ek met kort pajamas rond en voel nog steeds bedompig ten spyte van die feit dat ons al die verhitting tot op die laagste afgedraai het! Vel voel vreeslik droog, sal nog handeroom gaan koop. Buite is dit effens bewolk maar die son kom tog so nou en dan deur. Het met ‘n denim, langmouhemp en baadjie geloop – tot HR se hande was warm, maar jou wange is tog koud, maw dis heel leefbaar, dankie tog geen reen of sneeu.

Ek gaan hierdie aan almal stuur – laat maar weet hoe dit daar ook gaan, sal die wat nie antwoord nie en ek duidelik verveel na ‘n ruk van die lys begin afhaal, so wees gewaarsku – hierdie is 2 rigting kommunikasie – ek skryf nie vir die koerant nie! O ja, Johann stuur dit aan, ek sal begin skryf soos ek praat sodra ek dit self pos...

Pps. Holcim se nr vir hulle IT hulplyn is 6666 – is dit nou nie amper poeties nie – ek het so gelag – dis beslis deur iemand uitgedink met ‘n sin vir humor en ondervinding van IT dept’e!!!

Enette – stuur seblief jou ma se epos?

Tschuss
SAN

No comments: