Wednesday, 1 October 2008

10 Maart 2008 - 10 dae...

Sondag in Switserland
Toe ons die oggend wakkerword is dit toegetrek tot teen die vensters! Wat ‘n ramp! Het juis ‘n ‘ausflug’ beplan en die kar gehuur en nou dit! Maar teen 10 uur was die mis al weg en het die son deurgekom – die middag toe ons deur Zurich ry was dit 13° wat nogal warm is vir Maart! Besluit toe om na ons nuwe huis te gaan kyk en dan Luzern toe te ry in die klein swart Polo. Ry heel suksesvol na Mellingen, nadat ons 2 keer moes terugdraai vir my donkerbril en Johann se bestuurslisensie. Die huis se teels is gele so ons kan nie daarop loop nie, maar hulle vorder darem! Kan nog net nie die kinderspeelplek kry waaroor hulle so brag nie?!?!?!
Johann weerspreek toe sy GPS wat weier om verder deel te neem en toe eindig ons in Zurich in stede van Luzern – mis 2 afritte en ry ‘n volle 2 ure rond sonder om ooit uit te klim, gelukkig het Hann-Roux geslaap en ons kon gesels, so eintlik was dit heel lekker om te sien hoe dit lyk en wat die mense doen!
ALS IS TOE OP ‘N SONDAG! Behalwe die koswinkels by die stasie en die winkel by die vulstasie is daar niemand wat werk nie. En almal loop rond of fiets. Ma by ouma in gehaak en pa en die kinders agterna loop hulle sulke wandelpaaie deur die plase. Die plase het nie heinings nie en almal mag daar rondloop oppad woud toe – hulle gebruik dit!
Nog nuus van die week is dat ek Donderdag ‘n engel gekry het in die gedaante van Sanmarie Lazenby, ‘n laerskool onderwyseres wat nou haar 3 kinders grootmaak en al 3 jaar hier is en als weet, en dit heel geduldig aan jou herhaal sonder om te ding te se. mens het hier iemand nodig wat vir jou se – jy koop kruideniersware by Aldi, Coop, Migro, Denner en Spar – en wat koop jy waar. Jy koop jou klere by H&M en C&A behalwe vir spesiele geleenthede. En besef dat jou kind 3 pare skoene reg deur die jaar gaan nodig he – elke paar kos so CHF100 – ek dog ek kry hartslag!!! Maar nouja – ek was in ‘n mall!!! Shopli lyk soos Menlyn met houtvloere en elke ma se redding – Kinderparadies – ‘n plek waar die kinders binneshuis kan speel onder toesig vir CHF3 ‘n uur, en hulle bel jou as hy na jou vra of ongelukkig raak – Hann-Roux was in ekstase!!! En ek ook – ten minste lyk dit min of meer bekend, met ‘n ondergrondse parkeerterrein! Ons het rondgeloop en gekoop, die kinders gaan haal en toe by Migro (groot kettingwinkel wat als verkoop van klere en kos tot elektriese goed en dan sommer nog ‘n bank, taal en kookskool ook het – monopolie deluxe!!) se restaurant gaan eet – amper soos ‘n koshuiskafeteria maar met kindermaaltye en ‘n speelding en ook natuurlik ‘n speelarea. Dis vreemd dat die kinders almal loop waar hulle wil en doen wat hulle wil, sonder dat iemand bang is dat hulle gaan verlore raak, verdwaal of gevat sal word – ek’s nog nie gewoond daaraan nie, tot Hann-Roux se frustrasie! So sy ma piekel oral saam! Ek sal gou moet gewoond raak want van augustus loop hy alleen skooltoe – bid jou aan!!! Op die dag se spyskaart – kalfsvleis of perde steak – ek dog ek kry appopleksie – hulle eet perde soos ons biltong eet! Maar die kalfsvleis was heerlik en die koeldrank – ‘n bietjie appelsap met borrelwater – sproedel – is beslis verslawend.
Johann was saterdag by die Geneve se motorskou – iets wat hy ooit net in tydskrifte van gelees het, maar hy’t so verkoue dat dit nie vreeslik lekker was nie.
Tot my spyt het die taalskool na ‘n uur besluit dat my duits ongelukkig te goed is vir hulle kursusse – ek moet nou maar net meer lees en praat en sal dan regkom – ek het nogal daarna uitgesien om als weer op te skerp, sal maar Johann se boeke gebruik.
Hann-Roux is vanmore by ‘n speelgroepie vir 2,5 ure – ek’s alleen vir die eerste keer in ‘n week – dis ongelooflik – ek luister musiek en skryf – die Vryheid sale k 1 maal ‘n week kan bekostig totdat hy in augustus skool toe gaan van 9-12 elke dag en dan ook een middag. Sal meer skryf as ek meer daarvan verstaan.
Ek weet nog nie presies hoe die asblikwetenskap werk nie, het in Sanmarie se huis gesien

No comments: