Wednesday, 1 October 2008

13 Maart 2008 - 13 dae

Ons 2e week...
Mens het nie genoeg pakplek in ‘n kombuis om vir ‘n maand te gaan kos koop nie, so jy piekel nou maar elke dag iets saam. As jy nie ‘n geirreteerde kind by jou het wat die hele tyd kyk hoe hard hy andermense se enkels met die waentjie kan tref nie, is dit nogal ‘n interessante belewenis om kos te koop. Hier en daar sien jy iets wat bekend lyk al is dit net die kleure van die verpakking, maar oor die algemeen is als vreemd. Die vlg kaste is veral oorweldigend:
Brood – in my lewe het ek nog nooit soveel soorte gesien nie, ‘n gewone petrolstasiekafee sal Riverview Spar op sy neus laat kyk! En daar’s tot ons gewone 4kantige britse brode ook, saam met die gedraaides, rondes, met sade, sonder sade, hardes, veerligtes en 4kantiges! Ek sweer ek kan nie kies nie – ek verkies maar iets met sade wat nie so vreeslik hard is nie en koop vir Hann-Roux sagte wit rolletjies soos wat Heidi vir Peter se ouma van Frankfurt saamgebring het.
Kaas – nou buiten feta, mozarella, cheddar en gouda (wat ek nog nie almal hier gesien het nie) is daar miljuisende anders soorte – tot baby bells – in ‘n menigte verskillende verpakkings – dis soos chekkers se kaasrak, net 3 keer so groot met net 1 soort van als en nie 4 soorte van elk nie. Ek koop nog elke keer ‘n ander kaas en kan nie onthou wat voorheen lekker was nie – probeer maar by iets uitkom met smaak wat nie te hard is nie.
Yogurt – en ander melkprodukte – dis eintlik frustrerend. Ek kan nie uitvind wat wat is nie en als lyk dieselfde. Hulle het ook spesiale yogurt melk om jou weerstand teen kieme op te bou. En allerande soorte vir kinders.

Hier volg dan my beloofde bespreking van ons huis:
Sitkamer – as julle kan sien hoe die banke lyk en besef julle ken nie die mense wat dit gedoen het nie – wil jy eerder op ‘n handdoek op die bank sit, maar nou ja, die vloer is ver en hard en my kniee is seer so ek sit maar op die vuil bank. Johann weier! Al die bokse in die kas is HR se speelgoed en boeke.;


Soos ek vroeer verduidelik het, is die ligte nogal iets besonders, bv. Die staanlamp in die sitkamer:

Indrukwekkend ne?!?!?! in die agtergrond kan jy die hortjies van die blinders sien, die kan oop en toegemaak word om die plek donker of helder te maak.

Die eetkamer – sy lig is nou nie so uitsonderlik nie – net outyds – maar beleef daardie tafeldoek met sy wit kant binnekring – dis die enigste tafeldoek in die huis – ek het amper ‘n hartaanval gekry!!!

Die kombuis is niks besonders nie maar wel gerieflik met die granite werkoppervlak en die kraan met sy lang gorrel. Wel sonder ketel of mikrogolf!


Die spaarkamer het 2 enkelbeddens – kyk net die interessante kleure van die beddegoed!

Die spaarkamerlig is nou nogal besonders, veral die bedlampie – kan mens dit vir ‘n hoed gebruik dalk?

Hoofslaapkamer met sy lig – weereens ‘n meesterstuk uit ‘n vorige era…


Lyk amper soos ‘n diensmeisie se doilie!


Verder gaan dit baie goed met ons, as die weer dit toelaat, wat ten minste elke 2e dag is skryf ons op die straat:

Nou ja
Groete van huis tot huis – laat maar weet as ek iets uitgelaat het. Sal nog fotos gaan neem van ons nuwe huis en dit ook aanstuur.

Ek het vandag die kar, sal nog laat weet of ek regs kan hou – soek die hele tyd die ratte met my verkeerde hand!!! Maar die pedale is dieselfde – kan jy dit nou oorvertel…

Groete
SAN

No comments: