lank lank gelede to blogs nog nuut en vreemd was het ek die storie erens anders begin...hierdie eerste strofes wil ek graag hier herhaal want dis deel van die storie...
October 01, 2004
Oktober, die mooiste, mooiste maand...
Hann-Roux is die 17de al 'n jaar, ek kan dit glad nie glo nie...  Hy't alweer mangelontsteking maar ons sal hom nog daardeur kry! Dankie tog vir naweke, ek moet die naweek my hoendermoordstorie klaarskryf - ek's tog so lus daarvoor.
Dis warm, stowwerig en droog - ek's niks lus vir werk nie.
Interessante lees vandag: matriek word makliker; nog moord en verkragting; Kerry het die 1ste debat gewen (ek wens ek kon vir hom stem). Die belangrikste ding wat ek seker gelees het is dat mens jou maat die geleentheid moet gun om verkeerd te wees, ons is almal net menslik - dis nogal iets om te onthou...
Het weer lekker op die web rondgele en alles gelees wat my oog vang - ek's werklik aandagafleibaar.
Wens ek kan die naweek Aardklop bywoon - hopelik kan ek volgende jaar wegglip...hoor net van Droomstoel en al die dramas.
Plek gekry by Dragon Peaks vir Desember - hoop ons kom in een stuk daar uit!
ns. ek het besluit om soveel moontlik Afrikaans te skryf, anders raak ek te verroes!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
 
No comments:
Post a Comment