Wednesday 1 October 2008

24 Maart 2008 - 24 dae...

SAffers...
En toe word dit donners koud!!! Maksimum van gemiddeld 2 grade vir die langnaweek – en daar’s nerens ‘n oop winkel of ding om te doen in sig nie! Soos ek hier sit dwarrel die sneeu by die venster verby – dis nog steeds vir my vreemd – sneeu val nie soos reen nie – dit lyk of dit besluit waar om te val...

Jammer vir die deurmekaar skryf, ek probeer om die ding te beplan maar dan word die een tema sommer weer ‘n ander ding – dis soos skinder, as jy by die een met die hare begin land jy altyd in haar buurvrou of baas se sekslewe – haha.

Die afgelope week het baie dinge gebeur, maar niks het werklik verander nie:

Mediamarkt – vir die eerste keer in ons verhouding het my man meer gadgets gekoop as wat ek gedink het hy sal! Mediamarkt is seker soos wat Dions was – dis net elektriese goed waar jy kyk – dis so groot soos eastrandmall se P’nP. Ons het ‘n GPS gekoop – toe ek dit in SA wou koop was hy baie sarkasties, nou is haar naam Hilda en ons luister almal slaafs wat sy se – tot Hann-Roux weet al wat is ‘n roundabout en wat is left en right – ek moet dit nou nog net regkry dat sy met Johann duits praat – ek sal my doodlag!!!

Ons het ook vir Hann-Roux Playstation 2 en need4speed gekoop dat hy met die karre op die tv kan jaag. Tot my verbasing speel hy daarmee maar nou nie slaafs nie. Ek moet erken toe die ding met my frans praat vir die 1e 2 dae was ek erg gefrustreerd, en selfs die duits is op die stadium maar ‘n frustrasie maar ons kry darem ‘n oefensessie of 2 in voordat hy die kar totaal afskryf – hy hou daarvan om styf teen die kant te ry!!! Ek dink hy moan oor ‘n geheue kaart wat ek nog sal moet gaan soek...

Ons het ook ‘n erg tradisionele switserse raclette stel gekoop. Dis moeilik om te beskryf – as iemand tyd het kan hulle dit gaan opsoek erens, ek hoop om my internet toegang die week by cablecom te kry dan sal ek dit met fotos verduidelik. Jy koop by die kaasyskas in Coop ‘n pakkie gesnyde kaas – so groot soos 2 kredietkaarte langs mekaar. Dan koop jy zuchini, minute steak, klein aartappels en pynappelstukke. Maak die aartappels gaar. Die kaas kom in pannetjies onder die raclette masjien se grill en die vleis/groente bo-op die gril. As die kaas begin borrel word dit oor die groente/vleis/aartappels gegiet en so warm geeet – te heerlik. Kaas kom in knoffel, peper en gewoon – wat ek nou al gesien het, daar’s seker ook ander.

Net ‘n laaste nota oor eet – ten spyte van die feit dat ek so ver loop en so baie trappe klim dat ek ook deesdae ‘n vrou met ‘n knie is soos Engela V en my ma, dink ek ek word al dikker – ek het geen idee wat om hier te koop wat nie volroom is nie – alhoewel my duits nie te sleg is nie, bly koskoop met ‘n geirreteerde man en ‘n nuuskierige, praterige, vraende seuntjie vir my ‘n moeilike ekskursie – ek’s nooit lank genoeg alleen om te probeer uitwerk wat werk hoe nie – dit sal seker later beter word.

Ek is wel verlig om te rapporteer dat ons nou amptelik uitgeeet is aan sjokolade – Hann-Roux het my amper oorval toe ek vir hom jellie wurms na ‘n vreeslike soek gekry het – dis al wat hy wil he – jy kan hom nie eens afpers met sjokolade nie – dit le oral rond, almal gee vir hom daarvan, by die Coop, by McD vandag – oral is net sjokolade – dis eintlik verstommend. Ons eet ook nog met elke ete vleis – het nog nie fillet probeer koop nie, sal maar vir ‘n verjaarsdag wag. Sien ook nerens maaskaas nie – maar jy kan gaar gekookte eiers en aangemaakte tasty wheat in bakkies koop – vreemd ne?!?!?!?

Luzerne – na Saterdag se strawwe koop is ons Sondag met Hilda Luzerne toe – ek sal dit wel oorweeg om met sulke uitstappies trein te ry – anders sien die ou wat bestuur net die pad en is pootuit as jy daar aankom. Die weer was bewolk maar droog.

Die weer hier is nogal ‘n ding – dis seker soos by die see – jy trek altyd soos ‘n ui aan – laag op laag – sodat jy uit en aan kan trek. As jy opstaan skyn die son lieflik maar dis net 1°C! Dan word dit warmer en in die middag hier rondom 6 uur is dit so 6°C, maar partykeer sak die wolke uit Duitsland op ons toe en dan sneeu dit soos vanmiddag. Die oomblik wat dit droog is storm almal by die deure uit en gaan stap op sulke lang wandelpaaie langs die karpad – hulle ry met karre na plase te en gaan stap daar deur die woud – dis te vreemd, maar ek verstaan hoekom hulle dit doen, ek weet nog net nie waar hulle uitvind hoe om te loop nie want die bome is hoog en dig – jy sal in jou maai verdwaal, sal maar vir Hilda saamvat – sy het ‘n voetganger opsie...

Ons ry toe Luzerne toe, transport museum met Bok van Blerk in ons ore – Hann-Roux se al so oulik – “ag sies man, jou lekka ding!” ek vreet hom sommer op! Die transport museum sal ons verseker weer besoek – dis langs die meer so jy kyk uit oor die alpe. Soos jy ry is daar op elke top ‘n ou kasteel of die oorblyfsels daarvan, dan ‘n klein dorpie en dan weer ‘n stuk boerdery en dan weer ‘n klein dorpie – niks is meer as 5km uitmekaar nie! Elke kind kry ‘n skopfiets by die ingang en dan is hulle weg – daar’s ‘n baba stoomtrein wat ts die grootes rondry en mini hyskrane wat jy mee kan speel en elke ding met wiele waaraan jy kan dink kan jy in klim, van trok tot trein tot vliegtuig tot lugballon. Dit was heerlik maar het later effe koud begin raak so ek was verlig om huis toe te kom.

Het uiteindelik uitgevind waarvoor 2 van die dinge in die huurmotor is – so ‘n wit skraper is om ys/sneeu af te skraap voor jy ry en so ‘n groot wit karton met ‘n horlosie in is om te wys hoelaat jy hier kom parkeer het sodat jy daar mag bly sonder om ‘n parkeerkaartjie te koop. Ons wil graag terug na Luzern om teen die berg op met ‘n karretjie te ry, maar sal wag vir beter weer...

Ek was Maandag en Dinsdag vir ‘n onderhoud in Zurich by Holcim vir ‘n departementele dokumentbestuurder – die departement is 30 mense sterk. Ek sal beslis die werk kan doen – dis op SAP – hahaha, maar weet nog nie watter reelings ek vir Hann-Roux sal moet tref nie. Hulle kan my eers die pos in Augustus aanbied agv ‘n kantoorspasie probleem – klink bekend ne?!?!? Sal moontlik hierdie week hoor. Daar is net 1 vrou wat 5 kinders op ‘n slag mag oppas in Mellingen (nie dat daar ‘n tekort aan kinders is nie, daar’s 2 skole so dis amper so groot soos Nigel...) ek moet vir hom iemand kry wat hom 11.30 by die skool kan kry vir die vlg 2 jaar totdat ek by die huis kom. Op die ou end sal dit seker die maklikste wees om iemand te kry wat hom by ons huis kom oppas – sal maar sien wat gebeur – Augustus is nog ver...

Goeie Vrydag het ek en Hann-Roux ‘n nes vir die paashaas gemaak wat vir hom eiers gebring het – hy was vreeslik teleurgesteld dat daar net sjokolade in was – duidelik het die kind meer probleme as wat ek gedink het! Het eers saterdag by rene gehoor dat ek dit eintlik eers maandag moes doen, maar nou ja, hy het ‘n vroee ostern gehad! Hier net soos in SA bekla die mense die oorkommersialisering van Kersfees en wil vreeslik graag van die eiers en hase ontslae raak – dis ‘n verlore stryd maar ten minste het hulle ‘n christelike gewete! Die herkoms van die eiers en die haas is ook oral beskryf – nogal interessant:
Eiers is mee handel gedryf wanneer hulle in die lente te veel geraak het want die henne het te veel gele – daarom het hulle dit begin kook en verf. die eier is ‘n simbool van nuwe lewe.
Die hase het ook in die lente te veel geword en omdat hulle hier so graag geeet word is dit ‘n simbool van oorvloed

Ons het Saterdag deur Zurich met ‘n trollie bus gery – dit was ‘n goeie idee want dis nie so koud as om te stap nie en ons voete was af, maar dit was bleddie duur, het dit te laat agtergekom – ons het F64 vir 2 ure se ontspanning betaal – maal dit maar met 7 as jy lus het! Dis ‘n pragtige stad vol wonderlike dinge wat my beslis jare gaan neem om almal te ontdek – tot ‘n kerk met Chagall vensters – dit was werklik besonders. Ek geniet nog die treine en Zurich stasie is ‘n belewenes met sy 29 peronne – dit voel soos ‘n lughawe – die dak is maklik 4 verdiepings hoog – werklik majestieus.

Om te bestuur is baie makliker as wat ek gedink het – hulle het net tekens wat ons nie ken nie om stadiger en vinniger te ry so eks altyd ‘n frustrasie vir die wat agterna kom maar niemand het my darem gestop en gedryg nie... Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat karre eintlik hier verspot goedkoop is, al kos dit dieselfde as in SA as mens die wisselkoers uitwerk. Met ‘n F10 000 deposito en ‘n paaiement van F500 ‘n maand kan ek weer ‘n nuwe Touran kry! Net om dit in perspektief te stel: ons kruideniersbegroting is F1000 ‘n maand en dan moet ek mooi koop by die ‘aktions’ dis nou spesiale aanbiedinge. Ons het nou die dag vir Johann ‘n reenbaadjie, t-hemp, trui en hemp gekoop vir F500. Hann-Roux se speelgroepie vir die 2 maande wat ons in Holderbank gaan wees is amper F500. so karre is eintlik spotgoedkoop en dis hoekom almal in sulke ‘krotte’ – uit ons perspektief – bly en sulke limmos ry – ek kan julle nie verduidelik hoe cool die karre is nie – ek het BMW’s gesien wat ek nog nooit voorheen eers in tydskrifte gesien het nie! Tot mooies! Ongelukkig is Audis die duurste kar saam met Mercs so ek sal maar by VW bly. Ek oorweeg wel die mazda 5– hou van die funky deure. So nou sal my man die geleentheid he om vir my ‘n kar te koop – hahaha – dis baie weird. Hy’t darem Saterdag vir my ‘n paar swart Nike’s gekoop dat ek nie die hele tyd met dieselfde skoene rondloop nie. My grootste probleem met skoenkoop was dat die keuses so wyd is ek weet nie eens wat om aan te pas nie, nevermind wat om te koop!

Herinner my tog dat ek julle van die plakkerskampe hier vertel, ek moet net by een uitkom waar ek ‘n foto kan neem – dis baie weird...

Het weer by die huis ‘n draai gemaak – ek hoop ons bly lekker daar – kan nie wag vir my meubels nie – hierdie 3e rangse margate flat raak nou bietjie flat! Die Switsers is vir my ‘n bietjie onbewus van misdaad en daarom soms onverantwoordelik, hulle laat die ondergrondse parkeerdeur die hele dag oopstaan en is baie ontsteld dat ‘n wasmasjien en tuimeldroeer gesteel is – wat het jy verwag! Dis aan die rand van die dorp langs ‘n groot koeldrankwinkel met baie verkeer – die perfekte teiken – ons loop nog die hele tyd daar rond, niemand het al ooit gevra wie ons is of wat ons daar soek nie! Maar nou ja, ek’s jammer vir hulle dat misdaad hier ook sy lelike kop uitsteek – ek was minder verbaas oor die misdaad as oor hulle erg geskokte en amper aggressiewe reaksie daarop – die arme mense het nog baie om aan gewoond te raak – hulle moet in PTA oos gaan vakansie hou!

Die nuusberigte hier lees maar soos in SA – aanrandings, huisbrande en sokkerfans wat mekaar aanrand – daar was vandag die 1e keer van ek hier is ‘n artikel oor SA dat die tb pasiente weer ontsnap het – arme goed, hulle wil by die huis doodgaan! 2 meisies is 4 uur in die oggend op die stasie met messe gedreig en gemolesteer - wat soek hulle daar?

Maar nou ja – dat ek nie met hierdie mense inmeng nie – hulle moet hulle probleme uitsorteer – ek het genoeg van my eie! Ek moet Hann-Roux leer om sy naam te skryf en die abc – hy is verveeld en kan nou al al die legkaarte wat ek gebring het self bou – dis nou nie meer snaaks nie.

Hoop julle ouens het ‘n lekker paasfees gehad en julle onderskeie ekskursies oorleef – ek moet erken – hier was als toe, so dit was ‘n reuse frustrasie in die koue en Sanmarie hulle is in die berge so ons het nie eens iemand gehad om te vra waarheen ons kan gaan nie! Maar ons het dit oorleef, more is weer was/stofsuig/stryk dag en Johann is by die werk, ek en Hann-Roux moet gaan kos koop – hier’s net koffie oor! Nou val die sneeu hoor – sulke R5 grootte watte stukke, ek kan skaars die hoofstraat sien.

Ek moet nou ophou skryf anders gaan niemand tyd he om my te antwoord nie! Dis spierwit buite, ek lees nou eers die gps se boek om uit te vind wat ek nog met Hilda kan uitrig!

Nat wit koue groete uit die noorde
SAN

13 Maart 2008 - 13 dae

Ons 2e week...
Mens het nie genoeg pakplek in ‘n kombuis om vir ‘n maand te gaan kos koop nie, so jy piekel nou maar elke dag iets saam. As jy nie ‘n geirreteerde kind by jou het wat die hele tyd kyk hoe hard hy andermense se enkels met die waentjie kan tref nie, is dit nogal ‘n interessante belewenis om kos te koop. Hier en daar sien jy iets wat bekend lyk al is dit net die kleure van die verpakking, maar oor die algemeen is als vreemd. Die vlg kaste is veral oorweldigend:
Brood – in my lewe het ek nog nooit soveel soorte gesien nie, ‘n gewone petrolstasiekafee sal Riverview Spar op sy neus laat kyk! En daar’s tot ons gewone 4kantige britse brode ook, saam met die gedraaides, rondes, met sade, sonder sade, hardes, veerligtes en 4kantiges! Ek sweer ek kan nie kies nie – ek verkies maar iets met sade wat nie so vreeslik hard is nie en koop vir Hann-Roux sagte wit rolletjies soos wat Heidi vir Peter se ouma van Frankfurt saamgebring het.
Kaas – nou buiten feta, mozarella, cheddar en gouda (wat ek nog nie almal hier gesien het nie) is daar miljuisende anders soorte – tot baby bells – in ‘n menigte verskillende verpakkings – dis soos chekkers se kaasrak, net 3 keer so groot met net 1 soort van als en nie 4 soorte van elk nie. Ek koop nog elke keer ‘n ander kaas en kan nie onthou wat voorheen lekker was nie – probeer maar by iets uitkom met smaak wat nie te hard is nie.
Yogurt – en ander melkprodukte – dis eintlik frustrerend. Ek kan nie uitvind wat wat is nie en als lyk dieselfde. Hulle het ook spesiale yogurt melk om jou weerstand teen kieme op te bou. En allerande soorte vir kinders.

Hier volg dan my beloofde bespreking van ons huis:
Sitkamer – as julle kan sien hoe die banke lyk en besef julle ken nie die mense wat dit gedoen het nie – wil jy eerder op ‘n handdoek op die bank sit, maar nou ja, die vloer is ver en hard en my kniee is seer so ek sit maar op die vuil bank. Johann weier! Al die bokse in die kas is HR se speelgoed en boeke.;


Soos ek vroeer verduidelik het, is die ligte nogal iets besonders, bv. Die staanlamp in die sitkamer:

Indrukwekkend ne?!?!?! in die agtergrond kan jy die hortjies van die blinders sien, die kan oop en toegemaak word om die plek donker of helder te maak.

Die eetkamer – sy lig is nou nie so uitsonderlik nie – net outyds – maar beleef daardie tafeldoek met sy wit kant binnekring – dis die enigste tafeldoek in die huis – ek het amper ‘n hartaanval gekry!!!

Die kombuis is niks besonders nie maar wel gerieflik met die granite werkoppervlak en die kraan met sy lang gorrel. Wel sonder ketel of mikrogolf!


Die spaarkamer het 2 enkelbeddens – kyk net die interessante kleure van die beddegoed!

Die spaarkamerlig is nou nogal besonders, veral die bedlampie – kan mens dit vir ‘n hoed gebruik dalk?

Hoofslaapkamer met sy lig – weereens ‘n meesterstuk uit ‘n vorige era…


Lyk amper soos ‘n diensmeisie se doilie!


Verder gaan dit baie goed met ons, as die weer dit toelaat, wat ten minste elke 2e dag is skryf ons op die straat:

Nou ja
Groete van huis tot huis – laat maar weet as ek iets uitgelaat het. Sal nog fotos gaan neem van ons nuwe huis en dit ook aanstuur.

Ek het vandag die kar, sal nog laat weet of ek regs kan hou – soek die hele tyd die ratte met my verkeerde hand!!! Maar die pedale is dieselfde – kan jy dit nou oorvertel…

Groete
SAN

10 Maart 2008 - 10 dae...

Sondag in Switserland
Toe ons die oggend wakkerword is dit toegetrek tot teen die vensters! Wat ‘n ramp! Het juis ‘n ‘ausflug’ beplan en die kar gehuur en nou dit! Maar teen 10 uur was die mis al weg en het die son deurgekom – die middag toe ons deur Zurich ry was dit 13° wat nogal warm is vir Maart! Besluit toe om na ons nuwe huis te gaan kyk en dan Luzern toe te ry in die klein swart Polo. Ry heel suksesvol na Mellingen, nadat ons 2 keer moes terugdraai vir my donkerbril en Johann se bestuurslisensie. Die huis se teels is gele so ons kan nie daarop loop nie, maar hulle vorder darem! Kan nog net nie die kinderspeelplek kry waaroor hulle so brag nie?!?!?!
Johann weerspreek toe sy GPS wat weier om verder deel te neem en toe eindig ons in Zurich in stede van Luzern – mis 2 afritte en ry ‘n volle 2 ure rond sonder om ooit uit te klim, gelukkig het Hann-Roux geslaap en ons kon gesels, so eintlik was dit heel lekker om te sien hoe dit lyk en wat die mense doen!
ALS IS TOE OP ‘N SONDAG! Behalwe die koswinkels by die stasie en die winkel by die vulstasie is daar niemand wat werk nie. En almal loop rond of fiets. Ma by ouma in gehaak en pa en die kinders agterna loop hulle sulke wandelpaaie deur die plase. Die plase het nie heinings nie en almal mag daar rondloop oppad woud toe – hulle gebruik dit!
Nog nuus van die week is dat ek Donderdag ‘n engel gekry het in die gedaante van Sanmarie Lazenby, ‘n laerskool onderwyseres wat nou haar 3 kinders grootmaak en al 3 jaar hier is en als weet, en dit heel geduldig aan jou herhaal sonder om te ding te se. mens het hier iemand nodig wat vir jou se – jy koop kruideniersware by Aldi, Coop, Migro, Denner en Spar – en wat koop jy waar. Jy koop jou klere by H&M en C&A behalwe vir spesiele geleenthede. En besef dat jou kind 3 pare skoene reg deur die jaar gaan nodig he – elke paar kos so CHF100 – ek dog ek kry hartslag!!! Maar nouja – ek was in ‘n mall!!! Shopli lyk soos Menlyn met houtvloere en elke ma se redding – Kinderparadies – ‘n plek waar die kinders binneshuis kan speel onder toesig vir CHF3 ‘n uur, en hulle bel jou as hy na jou vra of ongelukkig raak – Hann-Roux was in ekstase!!! En ek ook – ten minste lyk dit min of meer bekend, met ‘n ondergrondse parkeerterrein! Ons het rondgeloop en gekoop, die kinders gaan haal en toe by Migro (groot kettingwinkel wat als verkoop van klere en kos tot elektriese goed en dan sommer nog ‘n bank, taal en kookskool ook het – monopolie deluxe!!) se restaurant gaan eet – amper soos ‘n koshuiskafeteria maar met kindermaaltye en ‘n speelding en ook natuurlik ‘n speelarea. Dis vreemd dat die kinders almal loop waar hulle wil en doen wat hulle wil, sonder dat iemand bang is dat hulle gaan verlore raak, verdwaal of gevat sal word – ek’s nog nie gewoond daaraan nie, tot Hann-Roux se frustrasie! So sy ma piekel oral saam! Ek sal gou moet gewoond raak want van augustus loop hy alleen skooltoe – bid jou aan!!! Op die dag se spyskaart – kalfsvleis of perde steak – ek dog ek kry appopleksie – hulle eet perde soos ons biltong eet! Maar die kalfsvleis was heerlik en die koeldrank – ‘n bietjie appelsap met borrelwater – sproedel – is beslis verslawend.
Johann was saterdag by die Geneve se motorskou – iets wat hy ooit net in tydskrifte van gelees het, maar hy’t so verkoue dat dit nie vreeslik lekker was nie.
Tot my spyt het die taalskool na ‘n uur besluit dat my duits ongelukkig te goed is vir hulle kursusse – ek moet nou maar net meer lees en praat en sal dan regkom – ek het nogal daarna uitgesien om als weer op te skerp, sal maar Johann se boeke gebruik.
Hann-Roux is vanmore by ‘n speelgroepie vir 2,5 ure – ek’s alleen vir die eerste keer in ‘n week – dis ongelooflik – ek luister musiek en skryf – die Vryheid sale k 1 maal ‘n week kan bekostig totdat hy in augustus skool toe gaan van 9-12 elke dag en dan ook een middag. Sal meer skryf as ek meer daarvan verstaan.
Ek weet nog nie presies hoe die asblikwetenskap werk nie, het in Sanmarie se huis gesien

5 Maart 2008 - 5 dae...

Dis nou al woensdag…

En toe sneeu dit!!! OK, nou nie genoeg om te lê nie maar darem genoeg dat die groenstrook teen die berg vanmore spierwit was en dat die dakke vol wit gelê het! Di vlokkies val so saggies en dwalend, asof hulle nie weet waar hulle moet lêplek kry nie. Dis anders as reen, stil en amper sonder emosie…

Ek is Dinsdag saam met Renè, my niggie wat al 25 jaar hier bly, na ‘n amerikaanse bybelstudiegroep vir vroue in Basel. Ek en Hann-Roux moet 8 uur op Frick stasie vir haar wag, dan ry ons verder in haar Mini. Toe ons net voor 7 by die huis uitstap het ons elkeen ‘n hemp en ‘n baadjie aan – dis regtig nie koud nie – maar toe ons twee op Brugg stasie aankom voel dit soos Siberië – en ek voel soos Racheltjie de Beer – ek het nie ‘n foon om Rene te laat weet dat ek dit eerder gaan mis om vir HR meer klere te gaan haal nie – ek het hom toe maar in my baadjie toegevou tot die trein kom. Toe ons deur die tonnel is van Brugg na Frick begin dit sneeu – en ek praat nou nie van ligte kapok nie, daar lyk die wêreld soos die spreekwoordelike ‘krismis in switserland’! ons klim toe af en wag 15min lank vir Rene in die sneeu – dat ons nie longontsteking het nie kan jy net toeskryf aan gedeelde liggaamshitte! Sy’t toe huistoe gery sodat ons vir HR van Emile (haar seun op laerskool) se klere kan aantrek. Is toe daar weg met ‘n groot gedruis – ek voel soos ‘n totale idioot – my kind en ek kon vreeslik siek geword het, net omdat ek nie weer gekyk het nie (sorrie ma!!!). so nou lees ek amper uurliks weer op teletext. Maar in my verweer kan ek darem se dat dit die vorige dag 10° was...

Die bybelstudie is ‘n ander storie, soos ons almal al beleef het met amerikaanse konferensies is hulle vreesaanjaend effektiewe burokrate – hierdie is geen uitsondering nie! Ek’s deel van ‘n groep van 8 en ons lees Mattheus – doen hierdie week hfst 17. hulle deel elke week vir jou nuwe vrae uit wat jy dan moet deurwerk en 1 uur kry om te bespreek, daarna is daar ‘n preek. Dis vreeslik vreemd om die bybel in engels te lees – ek verstaan net elke 3e woord, maar ek dink dis goed vir ons om dit by te woon. Hulle het ‘n kinderklas vir 2 ure, dan kan HR sommer leer engels praat ook – nie dat hy vreeslik geneë was in die begin nie, maar hy’t darem gebly.

Ons woonstel moet nogal verduidelik word sodat julle my gebabbel kan verstaan. By die voordeur regs is 2 slaapkamers (met los kaste, bid jou aan!?!?!?!?) en die hoofslaapkamer is verseker amper so groot soos Sibelius. Die gangkas voor die voordeur het ons jasse en die stofsuiergery daarin (later meer daaroor…). Die siteetkamer is so groot soos ons tv kamer en die kombuis is letterlik vir 1 persoon, sonder mikrogolf of broodrooster maar met ‘n glasplaatstoof en ‘n diepwasbak! Die krane is nogal iets om oor gaande te raak alhoewel dit hier redelik standard is, niks draai nie, dit skuif van links (warm) na regs (koud) en die kombuiskraan het ‘n nek, so jy kan sy gorrel uittrek as jy water op ‘n ander plek wil hê. Al die vensters het sulke mislike wit (grys van vuil...ek dink) moeselin gordyne maar buite het hulle digte staalblinders, so jy kan in die middel van die dag ‘n pikdonker kamer maak. (daar kom die son nou deur en skyn op my hande – daar’s darem niks soos sonlig om jou vitamiene D vervaardiging op te stoot nie – my hart bokspring sommer...). ek maak in die aande al die blinders toe. die badkamer het ‘n bad met ‘n stortkop en so ‘n irreterende wit stortgordyntjie – maar dis beter as om te bad – met ‘n kragpunt en ons haardroeer – dis nou werklik handig. Die enigste werklike ‘outer space’ meublement is die ligte – oor die algemeen is hulle ook maar flou en ek sal nog die fotos neem om te wys hoe dit lyk – DIS ON-GE-LOOF-LIK LELIK! Al die verhitting is nou al afgeskakel en ons stroop nog steeds al ons klere af sodra ons by die huis kom. Rene het my gistermiddag verduidelik dat mens elke dag al jou vensters 2 keer vir 3 minute oopmaak om varslug te kry – nou voel ek nie meer so skuldig dat ek die kombuisvenster permanent oophou nie – mens sal versmoor van al die gebruikte suurstof! Die blok is teen ‘n koppie met ‘n kasteel bo en ‘n reuse rooi hyskraan aan die anderkant (HR is in vervoering!), in die vallei is die dorp (net 1 straat met ‘n petrolstasie en ‘n winkel!) en die rivier wat lyk soos die Vaal in vloed! As jy by die voordeur inkom en ‘n halwe stel trappe opklim is jy by ons deur – daar is 5 eenhede. Voor is daar so 5x20m tuin, maar ek weet nie of ons daar mag loop nie. Ons waskamer is 2 vloere af in die kelder: ‘n groot koue kamer met ‘n wasbak en die masjiene, ‘n ou tafel en 2 stoele – ek het die emmer en wasgoedmandjies erken maar die lappe lyk maar vreemd. 1 klein bolugvenster met verskeie spinnekoppe in die hoek. Dis nogal vreemd bevrydend om nie jou eie goed te he nie, soos ‘n langvakansie in ‘n gemeubileerde woonstel.

Die kinders speel te lekker in die straat op hulle fietse – ons bly so 2 strate bo die hoofpad, so hulle kan ongedeerd rondjaag en hulself geniet. Soos enige kind is hulle ook sonder inhibisies of knaldempers – so jy hoor hulle tot dit donker word. O ja, en hulle ry met wat lyk soos silwer 9mm hier rond, so hulle’s maar net so geweldadig soos ons gebroedsels!

Ek moet erken dat die lig my geweldig verbaas. Dis so 7 uur lig en word eers so 6 uur donker. Dis nou 4 uur en ek sit heerlik in die sonnetjie in die sitkamer en skryf, Hann-Roux slaap op die bank – moeg gestap en gespeel (ons het by die tannie van die Gemeinde – munisipaliteit – toestemming gekry om Woensdagmiddae op dis skool se speelterrein te speel , dis al wanneer daar nie skool is nie!). As julle gewonder het hoe dit voel om in 5° te loop om eiers en komkommer te gaan koop – dis @#$%^&* koud! Maar binne is dit verbasend warm, slaap nog steeds in kort pajamas en trek rustig aan asof dit nie buite te koud is om te leef nie! Ons het vandag ons koopkaart vir Coop (lees PnP) gaan wegstuur van die poskantoor en onsself by die Gemeinde gaan aanmeld sodat ons gekaart kan word. Ek het ook vanmore my eerste hemde in jare gestryk – dis nogal vreemd, dit voel of ek die hele tyd wasgoed was, maar daar was nogal ‘n agterstand, so ek hoop ek het nou ingehaal. Het besluit om eerder elke dat iets te doen as om 1 hele dag daaraan te wei – ek sal mure breek! Ons oggendroetine werk so – ons staan 5 uur op, ek maak koffie en ontbyt dan sit ons en gesels, anders kry niemand ‘n woord in nie, Johann kom laat in die aande hier aan, en HR eis sy pond fillet! Dan bad hy so 7 uur sodat hy teen 8 uur by die werk kan wees. HR staan op as sy pa loop en dan eet hy en besluit ons wat ons gaan doen. het vanmore voor ons aangetrek het besluit om iets aan die vloere/matte te doen. Haal die stofsuier uit die kas, skakel aan, en die verdekselse ding spoeg ‘n hoop dons op die mat uit. Gaan haal toe maar ‘n skerp mes en dop hom om – die voorste borsel sit so vas van die hare dat ek die hele ding moes oopmaak en skoonmaak – het my doodgegril – sulke lang bruin hare (darem nie gekrul nie!) maar toe het die masjientjie darem gewerk. In die kas is daar ook ‘n besemstok met ‘n blou plastiese voet, het per toeval sy lapoortreksel in die waskamer opgespoor...die voorreg om in ‘n plek te bly waar ander mense al gebly het en hul goed net so gelos het is soms betwyfelbaar (ek kan die gril nie beskryf nie – die blou bank het kosstrepe wat ek nog nie kan eien nie...)

Nuwe dinge geleer:
Hoe weeg jy jou eie groente in ‘n Coop – Hann-Roux is in vervoering en wil elke blikkie en selfs sy sapbottel weeg en inpak – ek sweer vir elke 3 items wat ek koop vergeet ek 5 omdat ek hom moet keer en amuseer!
Skottelgoedmasjiene, wasmasjiene en tuimeldroeërs – dis nou interessant – die goed praat net duits en frans, met die gevolg is date k nog besig is om hulle uit te pluis. Die skottelgoedmasjien het toe net ‘n stuk rubber vasgeknyp – hulle weet ook nie hoe dit gebeur het nie.
Die kombuis en waskamerwasbak se proppe is vreeslik vreemd! Dit lys soos ‘n stuk wit PVC pyp met ‘n kinkel in wat jy in die gat druk (ek het die prop gesoek omdat ek self moes skottelgoed was, en dit toe in die waskamer gesien...)

Ons het vanmore gepraat – ek sal seker binnekort ‘n polo koop, dis net nie die moeite werd om hier met ‘n groot kar te ry nie – die parkeerplekke is piepklein, ek wil nie die Audi bestuur nie! Miskien kan ek ‘n 2e handse Beetle erens kry – dit sal nou ‘n droom wees – ek het hulle nog altyd heimlik bewonder...ons is besig om kaste en ligte vir die huis in Mellingen te soek – Ikea se katalogus is ongelooflik!!!

Baie dankie vir al die reaksie! Ek het nog steeds nie my eie posbus nie so ek stuur in die bondel – sal meer direk antwoord as ek dit self kan skryf. Net kortliks –
Steph – ons het die hoed, vlag en kombers saamgebring – ONS BLOED IS STEEDS BLOU!!! Kovsies is ERG – elke 15 min op CNN – ek skaam my dood – hoop maar hulle was dronk! Wat werk betref – ek weet nie wat hom besiel nie maar sal my mond hou – het seker ‘n nuwe speelding nodig! Niks kom ooit klaar nie – als hang net in die lug...soek nog die handeroom – weet nie watter soort om te koop nie!
Geluk Engela – moet net nie te veel koop nie…dankie vir die rekenaar – dit werk soos ‘n bom: ons kyk Nils Holgerson en luister Delarey (ek wonder wat die bure dink…)
Cata – dis regtig groot en gemaklik, jy kan ‘n enkelbed kry en ek sal jou wasgoed was – moenie te veel klere inpak nie – jy gaan BAIE goed wil saamvat!!! Sal jou nog bel oor my skoene – ek dink al meer ek moet dit maar laat koop… o ja – ek skuld Rene ‘n engelse bybel as jy vir my by CUM kan gaan kyk sal ek dit waardeer – ek sal die geld vir jou aanstuur – new international version met sulke pienk leer soos jy ons paspoortboekies van gekoop het – hoop nie ek maak jou bankrot nie, laat my weet dan betaal ek oor...
Pa – ek sal later in detail antwoord…ek het ‘n kaart gekry, sal dit probeer pos of saam met Cata terugstuur...
Christa – miskien moet jy maar weer in Parys ‘n draai gaan maak…(dis nou Vrystaat…) en hou verdomp op tjank! Nou’t jy ‘n aanlyn schrienk – tel jou seëninge…
Eben – baie geluk en geniet die see – ek’s jaloers!

Pppps. Sonder Hann-Roux sou ek verseker in ‘n misrabele hopie in die bed gelê. Die wete dat ek dit vir hom moet draaglik/moontlik maak laat my elke trap klim en elke steilte uitstap. My voete en bene is so seer ek kan dit nie verduidelik nie. Elke keer as iemand met my duits praat skrik ek my dood en ek verstaan net elke ander ou – die switsers se duits is maar moeilik. Die resepte en die treinkaartjiemasjiene en elke dekselse ding praat als behalwe engels! Maar die bome begin goudgeel bot en ek is uiteindelik in Europa in die somer. Hann-Roux is maandagoggend vir 2,5 ure by ‘n speelgroepie, ek het more my eerste duitse les en dinsdag is weer bybelstudie. Ons week het darem al ‘n ritme, nou moet ek nog net vir elke dag ‘n beter ritme kry...

Bis bald – hoffentlich....SAN

2 Maart 2008 - 2 dae...

Familie, vriende et al
Baie dankie vir julle ongelooflike ondersteuning die afgelope paar maande. Ons is uiteindelik in ander land – en dis glad nie so koud as waarvoor ek gepak het nie!

Het natuurlik die gewone drama by die lughawe gehad – eers met ‘n polisieman slaaks geraak (asof ek nie van beter weet nie?!?!?!) en toe vir ‘n uur in die vliegtuig gesit en wag want die bagasie firma het ‘n personeel tekort en kan nie byhou met al die werk nie! Vliegtuie ruik snaaks sonder lugreeling – glo my vry…

Hann-Roux het hom soos ‘n gesoute wereldreisiger gedra en ek’s baie trots op my seun – ‘n lugwaardin en mede passasier het met ontbyt met my kom praat oor hoe ek dit regkry dat hy so stil en gehoorsaam is, ek moes tot my skaamte erken dat dit meer sy persoonlikheid as sy ma se vermoe is – ek was twee keer voor ons in die lug was papnat gesweet en kon brul van frustrasie – hy speel hy’s vasco da gama en maak of hy als gewoond is. Cata, stuur seblief vir my die fotos aan – HR met sy 10kg handbagasie in die een hand en Carla in die ander hand oppad afskeid toe…

Hier gekom en gul ontvang deur Paul (Centurionse Saffer) en met sy Sharan soos ‘n koningin na my switserse paleis in wording gevoer. Ons nuwe meenthuis het mure en vensters maar nog nie oral teels, wasbakke en ligte nie; die gordyne kom uit die dak(?!?!?!?) daar’s ‘n tuin, so groot soos die woonstel in Sibelius en die gebou is iets tussen lemmetjie en goudgeel geverf (wie dink sulke kleure uit!??!?!?) maar dis in ‘n mooi dorp met ‘n altstadt en ‘n moderne skool binne loopafstand, groetewinkel oorkant die straat etc. ons trek op werkersdag in – nogal poeties ne – nou moet die skip net nie sink nie!

Die woonstel voel groter as toe ek in Januarie hier was, als is hier, maar dis ‘n versameling van style wat jy jou nie kan voorstel nie! Ek sal nog ‘n hele skrywe wei aand die lampskerms! Die kombuis is sonder ketel, bekers en mikrogolf en ek het dit natuurlik reeds reggekry om die skottelgoedmasjien se knip te breek – ter verwelkoming moet ek dus skottelgoed was, daar’s net breekgoed vir 1 ete… kry los matte weggesteek agter ‘n deur wat dit darem moontlik maak om op die houtvloere met blokke te speel sonder dat dit soos ‘n hoeveldse donderstorm klink!

Klere uitgepak, vir al die speelgoed plekgekry – HR is nie lus vir enigiets nie, hier’s nie stories nie en hy’s moeg – het hom gebad, Rene se lekker lasagna geeet en gebed – met die belofte dat ons die middag sal gaan treinry. Heerlik geslaap tot die tannie bo ons met haar polvye begin rondloop op die houtvloer – hulle is seker suidafrikaners!

Holderbank word elke uur deur 2 treine besoek. Kwart oor na Brugg (maw noord) en kwart voor na Aarau (maw suid). Ons het nie die tye dopgehou nie, wou na Baden maar op die ou end na Aarau. HR het dit geweldig geniet – praat net vreeslik baie en vreeslik hard! In Aarau na die winkels geloop en kyk – als is toe behalwe die stasiekiosk en starbucks. Cata – die skoene is uit ‘n ander wereld, maar so duur dat jy dit nie eens vir ma sal koop nie!!! Die koffie winkel het ‘n speelterrein waar ons natuurlik vashaak, HR geniet die rondomtalie pale – sal nog fotos stuur – en rol rond op die gruis – hy lyk grys en stowwerig toe ons terugstap. Dis moeilik om die plekke te verduidelik – die winkelgoed is baie anders en mooi (ek kry net nie reg om op te hou om als met 7 te maal nie!) – elke winkel het ‘n paas uitstalling – kompleet met hase, hoenders en eiers – ons kan nie vergeet ons is in ‘n roomse land. Ek kry dit darem reg om als te bestel en te vra sonder om heeltemal soos ‘n idioot te klink… klim heel kordaat op ‘n trein wat net so by Holderbank verbyry sonder om te stop! Ry to wederegtelik tot in Brugg en weer terug – sal mooier kyk in vervolg – mens kan hier vreeslik verdwaal!!!

Wat is anders? Die kussings is sulke pap sakke so groot soos 2 continentale kussings; die toiletpapier is so dik soos McD servette en 1 ½ keer so lank; die vrieskas is net groot genoeg vir 8 ysbakkies; daar’s geen engelse televisie (soos in niks!); daar’s voetpaaie, so moenie in die pad loop nie!; tuinornamente is steeds groot, veral eende (!); hier’s ook sulke ligte mocha kleur ouens met hare wat permanent nat lyk wat met brullende ou BMWs ‘cruise’.

Ek stuur dit vir vandag – sal hopelik nou en dan sulke hoofstukke kan skryf – moet vandag skottelgoed, wasgoed was en gaan uitvind hoe om die assakke uit te gooi (ons het sakke maar nie plakkers nie?!!?!?!?)

O ja – die weer – soos almal gevra het! In die woonstel loop ek met kort pajamas rond en voel nog steeds bedompig ten spyte van die feit dat ons al die verhitting tot op die laagste afgedraai het! Vel voel vreeslik droog, sal nog handeroom gaan koop. Buite is dit effens bewolk maar die son kom tog so nou en dan deur. Het met ‘n denim, langmouhemp en baadjie geloop – tot HR se hande was warm, maar jou wange is tog koud, maw dis heel leefbaar, dankie tog geen reen of sneeu.

Ek gaan hierdie aan almal stuur – laat maar weet hoe dit daar ook gaan, sal die wat nie antwoord nie en ek duidelik verveel na ‘n ruk van die lys begin afhaal, so wees gewaarsku – hierdie is 2 rigting kommunikasie – ek skryf nie vir die koerant nie! O ja, Johann stuur dit aan, ek sal begin skryf soos ek praat sodra ek dit self pos...

Pps. Holcim se nr vir hulle IT hulplyn is 6666 – is dit nou nie amper poeties nie – ek het so gelag – dis beslis deur iemand uitgedink met ‘n sin vir humor en ondervinding van IT dept’e!!!

Enette – stuur seblief jou ma se epos?

Tschuss
SAN

nog steeds verledetyd...

September 08, 2006
18 maande later...

Dis heerlike lente - die winter's verby...
Dis wonderlik hoe die weer jou algemene idee van die wereld kan verbeter! Die bome bot, dis vroeer lig, die gras word groen en dis warm genoeg om in die oggend uit 'n warm bed in die stort te klim sonder om op jou tande te kners! Soos gewoonlik is ons besig met beplanning - of dit nou HR se verjaarsdaggeskenk is of 'n verbetering aan die tuin, daar's nooit 'n einde aan die skedulering en reeling nie. Ek het verlede week vir die eerste keer werklik besef dat die meeste mense nie soos ons dinge uitdink en beplan nie - ek sou dit nie andersins kon doen nie en moet dankbaar wees dat Johann daarvoor kans sien om saam te praat en redeneer.
Dis Vrydagmiddag - ek het nog hope werk maar saam met die lente kom ook heerlike hooikoors en my kop is so seer dat ek nie meer kan dink nie - nou praat my vingers maar. HR het my gisteraand omgepraat om by hom te kom inkruip tot hy gaan slaap - hy't ewe vir my 'n plekkie gemaak en kussing aangegee. Ek het vir hom 'jakkals nooi vir gansie' en 'wippie en snippie' uit die verseboek gelees en toe het ons geslaap. Die moeilikste is om jou dan weer los te skeur en in jou eie kooi te gaan kruip! HR het weer begin swem, Di en Do oggende kom die swemskool hulle oplaai - hy geniet dit vreeslik en is behoorlik moeg daardie aand...
Sondagaand het hy so teen 11 uur ons met 'n luidkeelse geskreeu wakker gemaak - hy't tussen die bed en die bedkassie ingeval - sy ken is navy blou met 'n rooi are padkaart daardeur. Wat hy nie nog aan homself gaan doen nie...
Ons was darem die afgelope 18 maande by die see, het na 'n nuwe huis getrek (om die HNP te bou) en ek het my studies voltooi. Ek kan nie glo dat dit klaar is nie, maar Johann het die sertifikate en fotos teen die muur gehang so ek kan dit nie eintlik ignoreer nie.
Vreemd dat die tema hierdie jaar in ons huis en soms by die werk ook egskeiding is - ek was op een of ander manier hierdie jaar by 4 skeisake betrokke - 1 jonger, 1 ouer en 2 net so oud soos ek. Die wereld word soms vir my vreemd en ek besef dat ek meer konserwatief is as wat ek sou wou erken - dit van 'n dogter uit 'n geskeide huis...dis net damn sad...
Ek mis alweer Aardklop - dis net so hartseer - ek moet eintlik my verlof vir volgende jaar nou reeds skeduleer - daar beplan ek alweer - dis 'n gemors!
Ek gaan probeer om nog fotos op te laai - my kop is nou te seer om nog slim segoed uit te dink...

steeds verledetyd...

January 12, 2005
Na die vakansie...
Vakansie is lekker maar my huis bly die beste!
Die groot fietsryery het begin - Johann voor en Hann-Roux agterna. Dis net moeilik om hom sover te kry om in jou oe te kyk want hy le die hele tyd met die helfte van sy lyf oor die rand en brrrrrr vir die wiele/ratte.
Hann-Roux het die kombuis al amper volkome verken en het nou die dag die handskoene ontdek - dis 'n heerlike speletjie, maar hulle bly nie vreeslik lank aan nie en dan moet iemand vinnig help. Hy's ongelooflik ongeduldig en baie seker van wat hy wil he!